WELKOM

Baie welkom by die NG Gemeente Agter-Paarl.
Ons is 'n insluitende geloofsgemeenskap in die pragtige omgewing van Windmeul in die Paarl.
Ons deure is oop vir enige iemand. Jy is welkom om ons reisgesprekke in die kerkgebou by te woon op Sondae om 9:30.
Ons is op ’n voortdurende ontdekkingsreis na ‘n beter verstaan van God en mens, Liefde en lewe, Ewigheid en tyd en ons wil op hierdie reis God se vreugde meer maak.

OOR ONS
Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes.

BEDIENINGE
Ons verkies dat bedieninge nie struktureel van van bo af geïnisieer word nie, maar dat dit gebore word in en uit die harte van lidmate.

SONDAG EREDIENSTE
Ons eredienste is reisgesprekke. Die liturg se preek is op die meeste ‘n opregte getuienis oor wat hy/sy in die week uit die teks gehoor het.
KALENDER
29 Jan '23
09:30 Erediens
Fouché de Wet
Kleuterkerk
Laerskool jeuggroepe
5 Feb '23
09:30 Erediens
Carel van Wyk
Kleuterkerk
Laerskool jeuggroepe
Hoërskool jeuggroepe
12 Feb '23
09:30 Erediens
Biddag vir Opvoeding en Onderwys
Fouché de Wet
Kleuterkerk
Laerskool jeuggroepe
Hoërskool jeuggroepe