top of page
DANKBAARHEID

Ons glo dat hoe ons oor geld praat en hoe ons fondse verkry iets sê van hoe ons oor God dink. Ons wil nie die idee skep dat ons kinders van ‘n Bedelaarvader is nie. 

​

Ons gaan nie op kermisse, basaars en insamelings staatmaak om tekorte aan te vul nie. Ons gaan ook nie kollekteer van huis/lidmaat tot huis/lidmaat nie. Ons hou nie boek van wie gee wat nie, want ons leef nie vanuit ‘n skuldbeginsel nie.

 

Ons verwag niks en ontvang net dankbaar wat ons kry uit die gesonde harte en deur die goeie gesindhede van lede van die gemeente.

​

Jy mag na afloop van elke reisgesprek (diens) 'n bydrae plaas in die houers by die deure, sou jy wou. 

 

Jy mag ook direk in ons bankrekening of deur Payfast 'n betaling maak:

 

NG Kerk Agter-Paarl

ABSA (334210)

Tjekrekening 400580014

​

​

​

​

​

​

​

OOR ONS

Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes. Oor baie jare het ons weggegroei van ‘n institusie wat ons besig hou met selfgerigte aktiwiteite en projekte na ‘n mense wat soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God wat meer gestalte vind weg van die kerkgebou en die gemeente se almanak na ons werkplek, leefplekke, kuierplekke  en persoonlike dagboeke.

ADRES

Noord Agter-Paarl Pad, Windmeul, Paarl

7623

 

kerkkantoor@ngkagterpaarl.com

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF

Dankie dat jy ingedien het!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page