top of page

RAAK BETROKKE

AdobeStock_118487916.jpeg

Ons verkies om te praat van bedieninge in plaas van komitees en kommissies. Ons verkies dat bedieninge nie struktureel van bo af geïnisieer word nie, maar dat dit gebore word in en uit die harte van lidmate.

​

Bedieninge word nie mikro-bestuur nie, maar word begelei om in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings te geskied. Lidmate moet luisterend en met gesonde selfbewustheid hulle lewens- en geloofspassies ontdek.

​

Die gemeente sal hulle graag wil ondersteun deur middel van finansies, mannekrag, fisiese ruimtes en netwerke om dit uit te leef. Ons besluit nie wat moet gebeur en belas dan mense daarmee nie, mense ervaar roeping en bedien dan die gemeente en wêreld.

​

As jy betrokke wil raak of 'n voorstel het, kontak gerus die Skriba met jou idee.  

WORD DEEL VAN ONS FAMILIE

Enige iemand is welkom om ons reisgesprekke by te woon.  As jy voel jy wil aansluit as 'n lid, laai gerus die lidmaatskapvorm hier af voltooi, en epos aan ons Skriba

OOR ONS

Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes. Oor baie jare het ons weggegroei van ‘n institusie wat ons besig hou met selfgerigte aktiwiteite en projekte na ‘n mense wat soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God wat meer gestalte vind weg van die kerkgebou en die gemeente se almanak na ons werkplek, leefplekke, kuierplekke  en persoonlike dagboeke.

ADRES

Noord Agter-Paarl Pad, Windmeul, Paarl

7623

 

kerkkantoor@ngkagterpaarl.com

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF

Dankie dat jy ingedien het!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page