top of page

GELOOFSVORMING

childrens-bible-study1.jpg

By Agter-Paarl is dit vir ons belangrik om ruimtes te skep waar families saam kan aanbid en saam oor God kan leer.  Ons weet tog dat niemand van ons alleen op ons geloofsreis is nie, maar dat ons saam met mekaar loop.  As dit by die vorming van ons geloof kom, dan dink ons so:

  • Jongmense is volledig deel van die kerk, en die ruimtes waar ons aanbid moet dit weerspieël

  • Ouers is die beste vormers van kinders se geloof

  • Oud en jonk kan leer by mekaar oor God en ons lewe saam met God

​

​​Ons skep die volgende ruimtes waarbinne families op Sondae kan kom aanbid:

​

Ouerkamer agter in die kerk

Ons het 'n (redelik) klankdigte ouerkamer agter in die kerk vir gesinne met babas en peuters.  Daar is ook 'n uitgang na die voorportaal as julle moet gaan bene rek.  

​

Kleuterkerk

Dit is vir ons belangrik dat gesinne op 'n Sondag saam dienste bywoon, maar ons weet 'n uur is te lank vir kleintjie.  Na 20-25 minute in die diens kan voorskoolse kleuters van 3-6 jaar verdaag na die saal vir kleuterkerk.  Daar word liedjies gesing, stories vertel en lekker aktiwiteite gedoen.  Die kleuterkerk maak klaar saam met die diens, en ouers is welkom om saam te gaan om 'n ogie te hou, maar jy hoef ook nie (as jy 'n behoefte het aan vrede:)

 

Jeuggroepe

Na afloop van die erediens kom jongmense in die saal bymekaar vir jeuggroepe.  Die jeuggroepe is aktiwiteitsgedrewe en 'n ruimte waar ons die bekende Bybelstories kan afstof.  Ma's en pa's, oupas en oumas is belangrik vir hierdie ruimte, want dis die mense by wie jongmense die meeste leer van God, die kerk en die lewe.

 

Belydenisklas

Daar is weeklikse gesprekke by Boland Landbou, asook 'n belydeniskamp vir jongmense wat belanstel om belydenis van geloof af te lê. 81  

​

​

Kontak ons gerus as jy meer wil weet, en as jy en jou mense wil inskakel, registreer asseblief deur gebruik te maak van die skakel:

​

 

 

REGISTRASIE VIR JEUGGROEPE EN KLEUTERKERK 2023

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Image by Alexey Savchenko

TYE

SONDAE

Elke Sondag van 9:30 tot 10:30


KINDERDIENS
Kinders vorm deel van die reisgesprek in die kerkgebou.  Voorskoolse kinders verdaag tydens die diens vir kleuterkerk

​

MIDWEEK MEDITASIE

Weeklikse meditasie Woensdae 09:00 tot 10:00

YOUTUBE SKAKELS

'n Digitale weergawe van ons reisgesprekke is ook aanlyn beskikbaar.  Jy kan ouer weergawes van die hier aflaai

OOR ONS

Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes. Oor baie jare het ons weggegroei van ‘n institusie wat ons besig hou met selfgerigte aktiwiteite en projekte na ‘n mense wat soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God wat meer gestalte vind weg van die kerkgebou en die gemeente se almanak na ons werkplek, leefplekke, kuierplekke  en persoonlike dagboeke.

ADRES

Noord Agter-Paarl Pad, Windmeul, Paarl

7623

 

kerkkantoor@ngkagterpaarl.com

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF

Dankie dat jy ingedien het!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page