top of page

OOR ONS

Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes. Oor baie jare het ons weggegroei van ‘n institusie wat ons besig hou met selfgerigte aktiwiteite en projekte na mense wat soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God wat meer gestalte vind weg van die kerkgebou en die gemeente se almanak na ons werkplek, leefplekke, kuierplekke  en persoonlike dagboeke.

 

Ons volledige identiteitsdokument kan hier besigtig word.

ONS GESKIEDENIS

  • Afgestig van Paarl-Vallei in 1964

  • Kerkgebou se hoeksteen gelê op 17 Februarie 1968

wingerde 02_edited.jpg
EDT-pexels-photo_edited.jpg

ONS SELFVERSTAAN

  • Ons is op ’n voortdurende ontdekkingsreis na ‘n beter verstaan van God en mens, Liefde en lewe, Ewigheid en tyd.

  • Ons wil op hierdie reis God se vreugde meer maak

ONS BELYDENIS

  • Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.

  • As Vader is Hy ons eerste Bron van geloof (liriek)

  • As Seun is Hy ons enigste lewensmodel (melodie)

  • As Heilige Gees is Hy ons voltydse begeleier (dirigent)

  • Die gemeente is die koor wat God se woorde sing op Jesus se melodie olv die Heilige Gees.

wingerde 01_edited.jpg
bottom of page