top of page

REISGESPREKKE

A closeup shot of a male carrying a wooden cross with the sun shining in the background.jp

Ons noem ons eredienste, "reisgesprekke". Die gespreksleier se “preek” is op die meeste ‘n opregte getuienis oor wat hy/sy in die week uit die teks gehoor het. Ons leef vir ‘n hele week luisterend na die teks en deel met mekaar wat ons hoor. Ons hoef nie oor alles saam te stem nie. Ons kan, en wil nie sê, “so spreek die Here, Here" nie, want ons weet dat ons na ons mensheid dikwels verkeerd hoor en ons wil nie ons woorde sonder meer aan God toedig nie. Die reisgesprek is ‘n nederige gebeurtenis.

​

Elke week stuur ons ook 'n "Reisbrief" (voorheen Nuusbrief) aan elkeen wat verkies om dit te ontvang.  Die Reisbriewe bevat 'n oordenking van die week se teks wat dan verder gedurende die Reisgesprek op Sondae bespreek word.  Jy kan vorige weergawes van die reisbriewe hier aflaai.

Image by Alexey Savchenko

TYE

SONDAE

Elke Sondag van 9:30 tot 10:30


​

​

OOR ONS

Alhoewel ons deel is van die NG Kerk Familie is ons soos elke ander gemeente binne hierdie verband ‘n eienaardige gesin met ons eie gevestigde gewoontes. Oor baie jare het ons weggegroei van ‘n institusie wat ons besig hou met selfgerigte aktiwiteite en projekte na ‘n mense wat soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God wat meer gestalte vind weg van die kerkgebou en die gemeente se almanak na ons werkplek, leefplekke, kuierplekke  en persoonlike dagboeke.

ADRES

Noord Agter-Paarl Pad, Windmeul, Paarl

7623

 

kerkkantoor@ngkagterpaarl.com

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF

Dankie dat jy ingedien het!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page